|
 |
Watter tipe tas moet ek gebruik op safari? |
| |
Maak asseblief gebruik van sagte, maklike hanteerbare tasse en nie die harde, groot tasse wat ons gewoonlik op internasionale reise gebruik nie. |
 |
Hoeveel mag my bagasie weeg? |
| |
Op meeste van die lugredery laat hulle 20kg toe. Pasop om te veel klere te pak! WENK: pak al die klere wat jy graag wil neem uit op die bed, pak net helfte in jou tas en verdubbel eerder jou sakgeld! |
 |
Wat gebeur as my tas wegraak? |
| |
Onthou om altyd ‘n ekstra stel klere & onderklere saam met u te neem as handbagasie, net ingeval u tas op ‘n ander toer wil gaan! Moet nie bekommerd wees nie, al die Seagull toerleiers weet hoe om u in die situasie te help! |
 |
Hoe weet Seagull wie ons is by die lughawe? |
| |
Gebruik asseblief die Seagull bagasie-etiket, ons kan u makliker uit as Seagull
vriende by die lughawe en op toer vergemaklik dit die busbestuurder en
portiere se werk. |
 |
Wat trek ek aan? |
| |
Op Seagull toere “glitter & glitz” ons nie, maar “smart casual” word aanbeveel vir die aand. Manne, kortbroeke is geskikte drag vir die dag! Goeie ou loopskoene is ‘n MOET! |
 |
Kan ek my eie drink dingetjie saamneem? |
| |
U is welkom om u eie drank saam te neem op toer, maar onthou asseblief dat u dit vooraf in u inweeg bagasie moet inpak. As u by “Duty-free” aankope doen maak asseblief seker dat die lugredery waarop u vlieg dit sal aanvaar. |
 |
Watter muurprop moet ek gebruik? |
| |
Die AA reiswinkels verkoop ‘n internasionale prop wat in alle lande gebruik kan word. |
 |
Wat gebeur as ek my paspoort verloor? |
| |
Seagull toerleiers is almal opgelei om u in hierdie situasie by te staan, maar ons raai u aan om asseblief afskrifte van al u dokumente te maak en saam te neem in tas. |
 |
Hoeveel sakgeld het ek nodig? |
| |
Dit is altyd ʼn moeilike vraag, maar ons raai u aan om voorsiening te maak vir ʼn minimum van R300.00 per dag in internasionale geldeenhede en om groter aankope te doen neem asseblief u kredietkaart. |
| Wat koop ek in? |
| Turkye |
Lêer baadjies, pragtige matte, erdeware, juweliersware, onyx, turkooise
amber, turkish delight; appeltee, snuisterye, speserye en alles wat jou hart begeer |
| Rusland |
Fabershe eiers, serpe, Babushka poppe, vodka en kaviaar. |
| Sjina |
Pêrels, sy, porselein, koper werke en snuisterye |
| Kroasië |
Koraal juwele, lêer handsakke en skoene, tafeldoeke, laventel produkte, kersiebrandewyn, Kroatiese kersversierings |
| Egipte |
Kartoush – tipiese Egiptiese juweliersware, tafeldoeke, parfuumbotteltjies, parfuumolies, halva, snuisterye |
| Jordanië |
Dooie See produkte soos handerome, moddermaskers, glasware, snuisterye. |
| Griekeland |
Juweliersware, wit-linne klere, snuisterye |
| Tanzanië |
Masaai - komberse, sarongs, tipiese Afrika-kuns |
| Kenia |
Koffie, neute, Afrika-kuns, Masaai – komberse |
|
 |