|
Hierdie artikel is deur Susan Goosen geskryf wat saam met ons getoer het en is geplaas in Die Burger 26 Julie 2008.
Die rolprent Out of Africa wat
dieverhaalvanKarenBlixen
uitbeeld – dit was die oorsprong
van my begeerte om ook eendag
die wye ruimtes en ryk diereskat
van Afrika te kon ervaar.
Sommiges pak die sowat
5 000 km padlangs aan, maar ander,
soos ons, doen dit op die gemaklike
manier. Die reëlings
worduit jouhande geneemdeur ’n
toermaatskappy. Al wat jy hoef te
doen, is terugsit en ontspan.
Dag 1
Ons vlieg vanaf die O.R.Tambolughawe via Dares Salaam en Zanzibar
na Kilimandjaro. Ons oornag
in Arusha,Tanzanië se oerismehoofstad.
Byna al die toerismeplekke
van dié land lê in ’n radius
van 300 km hiervandaan.
Tanzaniëmoes vir lank die knie
buig voor Kenia as toerisme bestemming,
maar nie meer nie.
Vir die toeris is hie rveel meer te
sien en te ervaar as net die migrasie van die diere.
Om die kruin van
Kilimandjaro te bereik, is vir baie
nog ’n droom.
Dag 2
Ons gids groet met ’n vriendelike “Jambo, jambo” wat hallo in
Swahili beteken. Later sou ons
baie respek kry vir sy kennis oor
bykans enige onderwerp, hetsy dit
die plant-of diereryk, politiek of sy
land se geskiedenis is. ’n Wandelende
ensiklopedie, voorwaar. Arusha is ’n besige, kleurryke
stad. Fietsryers en taxi’s is volop
en vleg tussen talle voetgangers
deur. Handgeverfde advertensieborde
adverteer fietsparte, haarsalonne,
eetplekke, selfone en nog
wat. Die meeste geboue skree vir ’n lagie verf en bietjie aandag.
Instandhouding is duidelik nie ’n prioriteit nie.
Ons volg die M203 uit die stad –
die enigste roete na die Manyarameer,
Ngorongoro-krater en die
Serengeti Nasionale Park. DieManyara-
meer is sowat 60 km van
Arusha in die Manyara-meer Nasionale
Park. Die Manyara-meer
is naas die Victoria-en Eyasi meer,
Tanzanië se grootste meer en beslaan
sowat 350 km².
Vanaf die rand van die Skeurvallei
is dit ’n ongelooflike prentjie
wat voor ons oë oopvou. Die
reënwoude van Manyara word bewoon
deur verskeie primate.
Manyara is ook bekend vir sy
boomklimmende leeus. Ja, regtig.
Ons sien dan ook’n lui leeumannetjie
wat uitgestrek lê op ’n boom tak wat
oor die pad hang. Dan vervies
die koning van die bos hom
vir al die nuuskieriges, maak sy
misnoeë grommend bekend en
verdwyn stil in die bos. Selfs ons
gids het nog nooit voorheen die
boomklimmende leeus gesien nie.
Die olifant populasie was erg uitgedun
deur wildstropers, maar
word nou beskerm. Hulle is verbasend
rustig en stap slegs ’n paar
meter van ons voertuig verby.
Vir die voëlliefhebber is dit ’n
paradys met 300 voëlspesies. Die
meer voorsien duisende pelikane
en flaminke van kos.
Wildebeeste vergader naby ’n watergat tydens migrasie in die Serengeti.
Ons oornag op die rand van die
Skeurvallei in die lieflike Lake
Manyara Serena Lodge.
Dag 3
Ons is op pad na Tanzanië se
oudste en mees gewilde nasionale
park, die Serengeti. Maar eers stop
ons by ’n Masai-kraal.
Lang, skraal mans met spiese in
die hand begroet ons met ’n verwelkomings dans
en lied. Elke lied
vertel ’n storie waarvan ons Westerlinge
nie veel verstaan nie.
Mans en vrouens is ryklik versier
met kralewerk en helder
doeke wat om hulle gedrapeer is.
Die mans gebruik die spiese om
hulle vee teen roofdiere te beskerm.’n Gewilde drankie is ’n
mengsel van melk en bloed.
Die naam Serengeti kom van die
Masai-woord wat “oop vlaktes”
beteken. ’n Bord, iewers tussen
niks en nêrens, dui aan dat ons
nou die wêreld beroemde park
gaan betree.’n Hele 14 700 km² van ongerepte
Afrika strek voor ons uit.
Die Serengeti is veral bekend
vir sy jaarlikse migrasie van ongeveer
2 miljoen wildebeeste, ’n
kwartmiljoen sebras en etlike duisende
Thomson-gaselle tussen
Tanzanië en Kenia. Die diere beweeg van suid na noord
opsoek na
kos. Die vloei van diere is afhanklik
van die weerpatrone en daarom
wissel dit van jaar tot jaar.
Selfs al is die migrasie verby,
verskaf die Serengeti die beste
wildbesigtiging in Afrika. Groot
troppe buffels, olifante en kameelperde
is volop asook sowat 3 000
leeus. Die oop grasvlaktes maak
dit ook maklik om wild raak te
sien. En daar is baie. Amper om
elke hoek en draai.
Soms is die paadjie maar erg
stamperig, maar die kwinkslae
van ons gids en ander toerlede
maak dit draagliker.
Vir die volgende 2 aande oornag
ons indie Serena Serengeti Lodge.
Dag 4
Die hoogtepunt van ons toer
breek aan.Ons ry vroeg om na die
migrasie te gaan kyk. In ons viertrekvoertuig
is daar ’n merkbare
opgewondenheid onder almal.
Die diere is vanaf November tot
Mei in die Serengeti waar hulle
ook kalf. Dis dan ook die nat seisoen.
Maar sodra dit droër word,
trek hulle noordwaarts na die Masai
Mara in Kenia. ’n Sirkelroete
van 1 000 km word afgelê om dan’n Masaigesin
voor hul hut gemaak van latte en beesmis. Naby die Retima Hippo-poele
vou ’n see van wildebeeste voor
ons oop. Dis soos vlooie op ’n hond
se rug. Van horison tot horison
kom hulle aan.Party hardloop, ander
loop, ander maal rond, maar
almal is op pad noord waarts – aangedryf
deur ’n eeue oue instink.
Ons ry vir kilometers tussen
bulkende, malende wildebeeste en
sebras. Vanuit alle oorde kom
hulle aangestroom. Die geklap van
pote, die stof, die gemaal en gebulk – jy voel deel van hierdie uittog na
nuwe weivelde. Almal in die voertuig
is aangegryp.
Dag 5
Ons vertrek op dieselfde roete
terug na die Ngorongoro-krater.
Dis ’n goeie 7 uur se ry en daarom
ry ons vroeg. ’n Eensame wildebeeskalfie wat
sy ma verloor het, bulk hartseer.
Ek voel jammer vir hom, want
voor die aand aanbreek, gaan hy
beslis leeukos wees.
Ons sien dan ook talle leeus. Die
gelyk grasvlaktes maak dit baie
maklik.
Ons besoek ook die Olduvai-ravyn
wat as die wieg van die mensdom
bekend staan. Vir die argeoloog
is dit een van die bekendste
terreineterwêreld. Louis en Mary
Leaky, ’n skotse egpaar, het jare in
die sandsteenagtige koppies gesoek
na die vroegste argeologiese
bewyse vir die ontstaan van die
mensdom. Hulle ontdekkings het
die teorie gestaaf dat die mensdom
in Afrika ontstaan het.
Na ure se geskommel in ons
voertuig, word ons beloon met die
allermooiste uitsig oor die Ngorongoro-
krater. Ons oornag in die
pragtige Ngorongoro Serena
Lodge wat met vulkaniese rots gebou
is. Voorwaar vyfster-verblyf.
Dag 6
Vroeg-vroeg word ons uit die
vere gejaag om die 600 m- stamperige
tog na die vloer van die krater
aan te pak. Die krater se ekosisteem is uniek.
Die hoë reënval sorg
vir ’n permanente watervloei
dwarsdeur die jaar. Die klam klimaat
hou die reënwoude op die
steil oostelike en suidelike kraterwande
in stand wat water absorbeer
om dit weer in die droë seisoen
in die vorm van mis vry te
laat.
Hierdie park is ’n paradys vir
duisende wildebeeste, sebras, gaselle,
honderde buffels, olifante,
roofdiere en 250 voëlspesies.
By die watergat staan duisende
pienkflaminke – die voëlentoesias
se droom. Leeus is volop en ons
gids weet net waar om hulle tekry.
Dag 7
Ons vertrek op die laaste been
van ons sirkelroete terug na
Arusha. Ons stop vir oulaas by ’n
groterige stalletjie langs die pad.
Almal probeer iets aan jou verkwansel.
Dag 8
Ons vertrek terug na Johannesburg.
Dit was ’n wonderlike ervaring,
nog beter as wat ek my dit
voorgestel het.
Ek groet jou, Afrika.’
Dit en dat
• ’n Gids maak dinge baie makliker. Hy
verstaan die taal en kultuur en kan ’n mens
oneindig baie moeite spaar. Hulle weet ook
gewoonlik waar die wild is en kommunikeer
met ander gidse.
• Klimaat is oorwegend tropies. Daar is ’n
klein verskil tussen seisoene. Hou ’n warm
baadjie byderhand vir hoërliggende gebiede.
• Ligte klere, byvoorbeeld Themde,
kortbroeke,
liggewigbaadjie, gemaklike stapskoene
en hoed. Pak ook ’n flits, sonbrandmiddel,
sonbril en insekweerder in. Steekvlieë
kan lastig raak.
• Onthou: selfoon, visum, geelkoorsinspuiting
(R400) en malariapille
• Geldeenheid: Tanzaniese sjieling, maar
dollars is altyd welkom.
Kredietkaarte by groot hotelle en reisagente
word aanvaar.
• Tanzanië het onafhanklikheid in 1961
verkry. Daar is 126 etniese groeperinge, elk
met sy eie taal. Swahili is die amptelike taal
wat deur almal gepraat word.
• Die kos in al die lodges was van die
boonste rak. Gebottelde water word verskaf.
Vermy die drink van kraanwater. Bier en
koeldrank is goedkoop, spiritualieë is duur.
Neem jou eie saam.
• Ons het gebruik gemaak van Seagulltoere
(0042 293 2753/2339 of epos:
tanya.venter@harveyworld.co.za)
|
 |