Goeie More uit Kaapstad
Eerstens baie dankie om so lekker op hoogte te wees met wat in die jaar
2011 gaan gebeur wat die toere aanbetref ek het die inligting vir 25 persone vanoggend gemail so ons vertrou darem van hulle gaan begin navraag doen.
Dankie vir julle goeie georganiseerde toere wat julle reel dit laat n mens net dink jy kan nie ophou beplanning doen vir jou lewe net julle SEAGULL span is te dierbaar dankie vir dit en ek waardeer die inligting baie.
Mooi naweek en warm liefde en groete aan Linda ook miskien is sy in die buiteland.
LIEF VIR JULLE EN STERKTE MET DIE BESIGHEID SEAGULL HET DEEL VAN MY LEWE GERAAK EN EK STUUR NET DIE INLIGTING AAN.
Best regards.
Ms Elaine Adams
Beste Margot
Baie dankie vir die inligting wat jy vir my deurgegee het.
Dit lyk wonderlik.
Ek en my vriendin Sannetjie het besluit dat ons DV volgende jaar beslis die Egipte toer sal doen.
Ons sal met geen ander toeragentskap werk nie,want Seagull ploeg al die toergeld terug in hulle kliënte om dit so aangenaam as moontlik te maak.
Dankie vir jou ook vir al die moeite.
Dalene Swart
Liewe Margot,
Baie dankie vir die groep foto's en die naamlys, Ek waardeer dit baie.
Ja, Oberammergau was pragtig en ons het dit baie geniet, maar ons het jou regtig gemis. Jy en Martin het regtig uit julle pad gegaan om alles vir ons so gerieflik en aangenaam as moontlik te maak. Baie dankie vir die verrassing geskenkie, die kruisie, wat ons by ons ontbyttafel een oggend ontvang het. Dra my dank oor aan Seagull Toere ook vir die magneet en die handgemaakte Licitar hartjie wat van heunigdeeg gemaak is. Al die geskenkies en omgee het die toer so spesiaal gemaak. Baie dankie!!!
Wie weet dalk kom maak ek nog eendag 'n draai daar by julle kantoor in Jeffreysbaai, sal jou graag weer wil sien.
Liefdegroete.
Dinie
9 Februarie 2010
Namaste Elizabeth!
Dis moeilik om voete te vind na al die wonderlike Indiese ondervindings. Ek seil so te se nog af in die Ganges. Baie dankie vir jou leierskap gedurende die toer. Jy het uitstekende werk daarvan gemaak en Chris, Thea en Lynn stem met my saam. Ek speel nog met my aandenkings, en wag vir die fotos van Chris en Thea, dan speel ek eers. Jy is 'n baie liewe mens en ek hoop alles in jou lewe draai mooi uit.
Liefde
Sylvia
26 Januarie 2010
Tanya
Ons wil jou net weereens bedank dat jy ons toer so spesiaal gemaak het. Kroasië is verruklik mooi en het ons verwagtinge ver oortref. Jou gemaklike styl en omgee vir ons almal – het die toer baie spesiaal gemaak. Kroasië het diep in ons hart gekruip en jy wil net almal wys en vertel. Gisteraand tot 23h30 ons foto’s gekyk – het baie mooi uitgekom. Sal beslis kom inloer as ons weer in Jbay kom.
Liefde groete
Wimpie en Annalise
24 November 2009
Ek groet julle my reisgenote ...
Salaam / Merhaba / Bonjour ...
Ek mis die glans van ons baiesterre-hotelle, al die historiese terreire,
julle wonderlike vriendskap, die KOS, die KOS, maar is bly ek kan weer in 'n
bad sit waarin my boude pas.
Dit is ook lekker om my "makeena" te kan aanskakel en die fotos te kyk wat
my Kia-kind afgelaai het. En natuurlik om die "mai" sommer uit die
PE munisipaliteit se pype te kan drink. Ek het ook al glasiesvol hibuskus
"shay" aan vriende voorgesit wat kom stories luister het.
My eetkamertafel in getransformeer in 'n "souq" en al my reisvondse is daar
uitgestal ... van my mooi Jordaniese lappe tot toeganskaartjies en
hotelservette.
Gelukkig is daar nog genoeg in my kredietkaart vir "shraak" (brood) en
vanaand maak en "fatteh" (ryspap).
My wense vir julle is om te "yallah". Onthou om elke hoek en draai wag daar
iets nuuts vir ons almal.
Trudie
alias Kaptein Fatima Sakir, Toerismepolisie - Kairo
Hi Elizabeth
Ek het al oor en oor en oor na my foto's gekyk! En Abrie het al oor en oor na sy foto's gekyk! En dan ruil ons om en kyk na mekaar se foto's!!!
En dit bly pragtig!
'n Kosbare herinnering aan die beste vakansie wat mens kan hê!
Wat 'n voorreg!
Baie dankie vir jou - behalwe dat jy baie spesiaal is, weet jy hoe om 'n toer 'n baie spesiale gebeurtenis te laat word!
Liefde, Linda xx
Liewe Elizabeth
Baie dankie vir ‘n goed georganiseerde toer. Jou vriendelikheid en begrip word waardeer. Jy sal ons weer sien!!
Baie liefde
Engela, Deidré, John, Martie, Pieter en Daleen
Elizabeth
Baie dankie vir ‘n heerlike vakansie waarvan ons alles kon geniet en geen bekommernisse oor iets gehad het nie! Jy het vir alles gesorg.
Ons sal nog jare kan terugdink aand oorvloed wild, natuurwonders en heerlike etes.
Alle sukses vir al jul planne vorentoe!
Pieter en Lana
Elizabeth
Baie dankie vir ‘n wonderlike toer. Jou goeie reëlings en geduld het alles baie maklik vir ons gemaak.
Kom kuier vir ons op die plaas.
Liefde en beste wense,
Oom Andries en Tannie Helena
Elizabeth
Baie dankie vir die persoonlike aandag wat jy aan ons en aan die hele groep gegee het. Die verrassing rondom ons troudag by ons laaste ete sal ons altyd onthou.
Nogmaals baie dankie.
Rudy en Nelly
17 November 2008
Beste Linde
Ek toer nog steeds! Saans is ek of besig met my plakboek of lê opgekrul met my neus in een van die boeke wat ek daar gekoop het.
Reeds gedurende die toer het ek al besluit dat ek wil teruggaan Turkye toe – daar is net te veel interessante dinge en goed wat ek nog wil sien en ervaar. Sover ek lees raak die lysie net langer van dit wat ek nog in Turkye wil gaan sien – dit lyk my ek sal meer as een keer nog moet teruggaan!
Linde, aan jou en Seagull wil ek nie net baie dankie sê nie, maar ook sê baie geluk. Geluk - met dit wat julle vermag as toergroep. Seagull het die hele tyd daarin geslaag om ons as toerlede te verras en te verbaas – en omdat ek weet dat Seagull maar eintlik Linde van Niekerk is – sê ek knapgedaan – dit is ongetwyfeld waar Seagull se sukses lê – die persoonlike betrokkenheid is prysloos en sal jou toerlede ‘time-and-again’ na Seagull toe teruglok.
Linde, ek het jou ervaar as ’n ongelooflik mens-mens en dit is nommer een vir my ’n wenresep vir ’n geslaagde toer – iemand wat opreg belangstel kom net eenvoudig soveel beter met mense oor die weg – nooit het jy iemand laat voel dat ons ’n klomp kla-kouse of remskoene is nie. Niks was ooit vir jou en jou span te veel nie.
Van jou span gepraat – ek en my man het tydens ’n Trafalgar-toer ’n Fransman as toerleier gehad – ons het gedink hy is “die-kat-se-snôr” en dat jy ver sal moet soek om ’n toerleier te kry wat hom kan klop – wel ek moet erken Halit het hom nie net geklop nie – maar hom met myle uitgestof! Ek kan sien hoekom jy al vir soveel jare van sy diens as toerleier gebruik maak – hy is tops! As daar een ding is waaroor ek spyt is, is dit dat ek nie alles wat Halit vir ons vertel het kon opneem nie – sodat ek dit later weer kon terugspeel – ek het probeer notas maak, maar daar het baie detail verlore geraak.
Tydens dieselfde Trafalgartoer was ons ook gaande oor ons Italiaanse busbestuurder – wat in elke hoekie en gatjie kon inkruip – maar ek dink dat Ozzie hom enige dag sal ore aansit. Ek het dan ook by meer as een geleentheid vir Ozzie gekomplimenteer met sy bestuursvernuf – of hy my verstaan het sal ons nie weet nie maar ek het maar so bietjie gebare taal bygevoer, so ek wil vertrou hy het die boodskap gekry!
Ek is nou reeds opgewonde oor 2010 se Passiespele-toer en sien uit daarna om weer saam met jou en Halit te toer.
Vriendelike groete
Anna-Marie
17 November 2008
Dear Halit
As the English saying go: better late than never! It is now two months ago that we board the plane for our Turkey-tour and I just want to say many thanks for everything that you did for our tour group!
We had a marvelous two weeks in Turkey. I told Linde that I’m sorry that I did not made a tape-recording of all the interesting info you gave us – I tried to write down as many as I could, but back home I have difficulty reading my own handwriting and some places I wrote just a word of two and I’m sure there are now some of the info missing!
Out of what you told us, we form a better picture of Turkey and the Turks and of all the things they do or not do! There are no books where we could find all that info – you enriched us tremendously.
Before the tour I bought a small booklet with photos of South Africa for the Turkish tour guide, but during the tour I realize that you already visit South Africa, so I left the booklet on Ozzie’s seat. I hope that the pictures would inspire him to one day come and visit South Africa!
Halit, I am looking forward to the 2010 Seagull tour to the Passiespele and as I now know you and all your wonderful stories I hold thumbs that you will be our tour guide again!
Warm South African wishes
Anna-Marie van der Merwe
Beste Linde
Carel en ek wil net baie dankie se vir 'n wonderlike vakansie in Turkye. Ek kan net nie uitgepraat raak daaroor nie. Julle organisasie was puik. Ons het dit baie geniet.
Hey Linde en Margot,
I just wanted to say thank you from my side for a wonderful trip to Kenya – it was thoroughly enjoyed by all and a truly amazing experience. The facilities were excellent and I was impressed with the attitude of the people and of course the scenery and the animals. We had no problems with Karel and the wheelchair except in the Fig Tree where the shower was not too friendly. In fact, we had less problems there than in SA (SAA is truly useless as far as that is concerned). David and his crowd were also extremely helpful and a pleasure to be around. I will also never again say a word about our roads though!
I hope we can do business again in future – I will still do the Serengeti and my wife wants to go to Croatia (thanks to your newsletter).
Regards,
Pieter van Heerden
Hi Margot
Dit was een van my lekkerste toere wat ek nog gedoen het. Jy was wonderlik!!! Ek het 2518 foto’s geneem!!!!!!!!!! So ,ek herleef elke oomblik weer!
Baie dankie dat julle soveel moeite gedoen het om die toer vir ons saam te stel. En natuurlik die geskenkies ook!
Ek is nogsteeds moeg.......
Jy moet lekker werk
Marinda
Liewe Margot
Baie dankie vir alles wat jy gedoen het om die toer na Egipte so glad te laat verloop! Ons het dit baie geniet!
Natuurlik moes ek dadelik weer BAIE hard werk (almal was op volspoed die week voor die 16de Desember), maar die toer het my so laat uitrus dat ek daarvoor kans gesien het!
Baie geseende Kersfees vir jou!
Groete
Tanja en Ilse
Liewe Tanya,
Ons is alreeds 4 weke terug en ek kontak jou nou eers! Jammer daaroor.
Baie dankie vir jou insette op n werklik unieke toer. Jou vriendelikheid en kalmte en insig in die klomp mense se eie
probleme was opmerklik. Baie dankie veral vir jou bystand tydens Erich se besering op die skip.
Benjemin was natuurlik onverbeterlik in my oe. Sy humor en kennis was baie kosbaar en ons het hom baie geniet.
My gedagtes oor die toer is:
"Aangename kennis" ons gaan toer
Dis Beijing wat op die horison vir ons loer!
Die tyd gaan te vinnig en die pas is snel
maar daar's tyd vir kos, n biertjie en maak nog n pel.
Dan is dit oor en ons verlaat Shanghai
en al wat oorbly is Goebaai......Goebaai.....
Hoop daar is nog n toer wat ons saam gaan mee maak.
Groete
Paula Stoltz
Beste Margot
Eerstens wil ek jou graag bedank vir die bekwame wyse waarmee jy ons toer gereël het. Jy het jou met uitnemendheid van jou taak gekwyt. Jou vriendelikheid en empatie met almal was opvallend en word baie waardeer. Ek sal jou en Seagull Toere met vrymoedigheid aanbeveel. Dra ook weereens ons waardering aan Danko oor vir die professionele wyse waarop hy leiding geneem en sy inligting aangebied het. Hy is 'n ware juweel.
Ek het elke oomblik geniet en probeer nog steeds verlore slaap inhaal. My foto's en poskaarte lê die tafel vol, my album is gekoop en nou wag die heerlike taak voor om my herinneringe vas te vang.
Ek wil jou vra of julle as toeroperateurs nie miskien iets aan die situasie by O.R Tambo kan doen nie. Ons het oral baie vriendelike en bekwame diens op die lughawens gekry. Toe ons egter ons paspoorte moet toon by O.R. Tambo, word ons deur onvriendelike en suur gesigte ingewag. Die persoon wat my moes help, het geensins oogkontak gemaak nie, al oopmond kouende aan kougom my paspoort gestempel en die paspoort voor my neergegooi. 'n "Welcome back in South Africa" sou mens darem tuis laat voel het. Miskien as alle toeroperateurs dit onder die regte mense se aandag bring, kan dit dalk die nodige verskil maak.
Intussen wil ek jou alle voorspoed toewens met toekomstige toere, maar moenie vergeet om Italië ook te besoek nie.
Beste wense
Annemarie Kleynhans
Hallo Linde,
Hoop jy kon 'n bietjie rus na die woeligheid in Turkye!
Carl en ek wil net vir jou van harte bedank vir die toer wat ons kon meemaak. Dit was 'n wonderlike ondervinding wat ek vir niks in die wêreld sou wou mis nie. Ons waardeer die geskenk bederfies opreg en al die moeite wat jy en Halit vir ons gedoen het. Dra asseblief weereens ons dank aan hom deur. Hy het my oë ook oopgemaak vir sy mooi land en glo my ons sal in die toekoms niks van Turkye mis nie. Ons dink ook Ozzy was 'n ster agter die stuurwiel en dra ook weer ons dank aan hulle oor.
Liefdegroete
Dina & Carl Dietzsch
H d l
Me/Mnr
Ek was een van die groep wat in Sept getoer het na Kroasië. Ek wil net my waardering uitspreek teenoor almal wat die toer gereël het. Die hotelle was baie goed! (Persoonlik was ek nie beindruk met die paar restaurante se kos nie, maar ek kan nie skulpvis eet nie en die alternatief was nie altyd wonderlik nie) Die hotelle se kos was lekker en met groot en interessante variasie.
Die program was uitstekend, hoewel die hitte my bietjie gevang het! Volgende keer kan julle gerus iets aan die hitte doen!?!?(Grappie, maar julle kry soveel reg!) 'n Besondere woord van waardering aan Margo en Dunko wat wondere verrig het met my onnodige agterlosigheid om my dokumente te verloor. Tog was hulle baie geduldig en het baie hard(en doeltreffend) te werk gegaan om die onmoontlike te verrig! Baie dank aan hulle daarvoor!
Baie dankie nogeens
Bets Terblanche
Hi Elizabeth
Ek het al oor en oor en oor na my foto's gekyk! En Abrie het al oor en oor na sy foto's gekyk! En dan ruil ons om en kyk na mekaar se foto's!!!
En dit bly pragtig!
'n Kosbare herinnering aan die beste vakansie wat mens kan hê!
Wat 'n voorreg!
Baie dankie vir jou - behalwe dat jy baie spesiaal is, weet jy hoe om 'n toer 'n baie spesiale gebeurtenis te laat word!
Liefde, Linda xx
Liewe Elizabeth
Baie dankie vir ‘n goed georganiseerde toer. Jou vriendelikheid en begrip word waardeer. Jy sal ons weer sien!!
Baie liefde
Engela, Deidré, John, Martie, Pieter en Daleen
Elizabeth
Baie dankie vir ‘n heerlike vakansie waarvan ons alles kon geniet en geen bekommernisse oor iets gehad het nie! Jy het vir alles gesorg.
Ons sal nog jare kan terugdink aand oorvloed wild, natuurwonders en heerlike etes.
Alle sukses vir al jul planne vorentoe!
Pieter en Lana
Elizabeth
Baie dankie vir ‘n wonderlike toer. Jou goeie reëlings en geduld het alles baie maklik vir ons gemaak.
Kom kuier vir ons op die plaas.
Liefde en beste wense,
Oom Andries en Tannie Helena
Elizabeth
Baie dankie vir die persoonlike aandag wat jy aan ons en aan die hele groep gegee het. Die verrassing rondom ons troudag by ons laaste ete sal ons altyd onthou.
Nogmaals baie dankie.
Rudy en Nelly
|